Doktorandus Home
Lees met oop denke,- proefskrif - enige vrae welkom na :- johan777@zoomshare.com ,
Nuwe Wêreld Sending Dunamis Internasionale Universiteit.
Hierdie skrywe handel oor die volgende. 1) Die gebed en vas.
2) Die Bybel se weergawe van hoe die skepping ontstaan het.
3) Eden en die tuin
4) Die vrou van Kain
5) Die boom van kennis van goed en kwaad in die tuin in Eden.
Opgestel deur;Johannes Erasmus van den Berg.
Onder toesig van:Prof Louis M de Bruin
Voorgelê om te voldoen aan die vereistes vir ‘n meesters graad.
Pretoria 1999 hersien2007.
Erkenning;
My grootste erkenning en dank aan God wat my die voorreg van geboorte gegee het, dit is ‘n wonderlike gawe om lewe te ontvang.Om hierdie rede was my versoek dan ook aan God om kennis te ontvang, maar nie alleen te ontvang nie maar die gawe om ook te kan uitdeel.Sonder kennis is die mens ‘n slaaf.Om hierdie rede sê God dan ook; my volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Groot dank ook aan my ouers (wat nou reeds verhuis het) wie ‘n groot bydrae gelewer het in my opvoeding en veral aan my ma wat ‘n ware voorbeeld van hardwerkendheid was.
Dankie ook aan Prof Louis de Bruin ‘n goeie vriendvanaanmoediging. Inhoudopgawe
Inleiding
hoofstuk 1.
Die noodsaak vir hierdie studie. Verduideliking van
simbole. Verskillende hipotesis.
|